Goeie Vrugte

Soekie Krog stel bekend:

Storie Boeke vir Laerskool Kinders

Goeie Vrugte R80!

Nou ook beskikbaar as eBoek  >>>>>Klik Hier!

Gal 5:22 Want die vrug van die Gees is... liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing...

Wat is die vrug van die Gees? Hoe kan dit maklik onthou word?

In hierdie storie boek leer Dawie en Siske hoe om tuin te maak. Elke storie gee 'n praktiese voorbeeld van 'n geestes vrug, vergelyk met 'n regte vrug. Vergesel Dawie en Siske op hulle ontdekkingsreis, en leer van Goddelike gedrag.

Elke hoofstuk bevat ook resepte en lekker doen-dinge vir kinders om te help om die vrugte makliker te assosieer.

Hier volg 'n stukkie uit die boek:

 

Pappa en Mamma het belowe om Dawie en Siske na die dorp se jaarlikse skou toe te vat. Hulle het elk-een ’n paar rand gekry om te spandeer soos hulle wil. Dawie het klaar besluit om op die grootste mallemeule te ry en ’n draairoomys te koop. Siske is nog nie seker wat sy met haar geld wil doen nie. As daar weer sulke groot, sagte teddiebere soos verlede jaar by die tombola is, gaan sy verseker weer probeer.

 

"Toe, toe, kom ons ry, die dag is net so lank," jaag Mamma hulle aan.

"Bly bymekaar," herinner Pappa aan die skou-reëls as hulle uitklim. "En as jy dalk wegraak, gaan jy na daardie rooi toring en gee jou naam dat die oom dit oor die luidsprekers kan aankondig."

Hulle stap verby rye en rye stalletjies. Die klere en kombuisgoed is vir Mamma en Siske interessant, maar Pappa en Dawie kyk weer langer na die rekenaars en gewere. Hulle besluit toe om mekaar weer na ’n paar uur op ’n sekere plek te kry. Siske sal saam met Mamma na die vroue-goed kyk en Dawie saam met Pappa na karre en manne-goed. Afgespreek.

Siske raak naderhand ’n bietjie honger en be- sluit om met haar eie sakgeld solank iets te koop - ’n groot rooi toffie-appel.

Hulle stap na die plek waar hulle Pappa en Dawie sou kry en sien Dawie loop so effe mank.

"En nou?" vra Mamma. "Wat het gebeur?"

"Hy het te vinnig van die mallemeule afgespring," verduidelik Pappa. Dit het nog nie heeltemal gestop nie." Dawie bloos verleë. 

"Ag nee!" roep Siske. Almal dink dis oor Dawie se voet. "Die appel is sleg, en dit proe suur"

 Mamma sien dat Siske nou al amper al die rooi soetgoed afgesuig het, en haar eerste hap aan haar appel gegee het.

 "Dis seker te vroeg gepluk, of the lank op die rak gelos" raai Pappa.

 "Hoe laat moet mens dan appels pluk dat hulle lek-ker is?" vra Siske. "Hoekom nie vroeg in die oggend nie?"

 Dawie dink dis snaaks: "Dis nie vroeg of laat soos op jou horlosie nie, dis die tyd van die jaar. As hulle almal ryp is."

 "Dis slim van jou," prys Pappa vir Dawie. "As vrugte te gou van die boom afgepluk is, is hulle suur en proe hulle nie lekker nie. Mens moet maar wag as jy die lekker appels wil hê. Dis in die lewe ook so."

 

Hulle sit nou almal by ’n buite-tafeltjie en bestel ’n wegneem-burger voor hulle huis toe gaan.

"Die Here wil vir ons net die beste gee," gaan Pappa voort. "Hy wil hê dat ons gelukkig moet wees, maar die Duiwel wil daardie vreugde van ons kom steel."

"Ja, Mamma het gesê hy’s amper soos ’n dief," onthou Siske.

"As ek in alles plesier soek en dit wil geniet, is dit lekker, maar aardse plesier hou nie vir altyd nie."

"Soos my mallemeule-rit," verduidelik Dawie. "Dit was lekker, maar ek het al klaar amper vergeet hoe lekker dit was. Veral toe ek my voet seer maak, toe’s die lekker sommer verby!"

"Maar dan is daar lekker dinge wat nie verby gaan nie," begin Mamma. "Daardie dinge kan ons nie met geld koop nie, en hulle kan ons ook nie teleurstel nie. Dit bly altyd dieselfde."

"Nie soos my toffie-appel wat te gou gepluk is nie," lig Siske haar halwe toffie appel op en besluit daar en dan om nie meer een hap verder af te wurg nie.

"Die blydskap wat Jesus gee," neem Pappa weer oor, "hou vir altyd."

"Beteken dit dat ek nooit weer gaan huil nie?" wonder Siske.

"Of nooit weer gaan seer kry nie?" frons Dawie terwyl hy sy voet vryf.

Pappa gaan voort: "Nee, ons sal altyd nog seer en hartseer op die aarde hê, maar hier binne ons harte het ons Jesus se vreugde en blydskap. Al gaan dit partykeer swaar of al kry ons seer. Dis soos vrugte aan ’n boom. Hy kan nie anders as om daardie vrugte te dra waarvoor hy gemaak is nie. "

"Onthou: ’n suurlemoenboom dra suurlemoene," herinner Mamma hulle.

"En ’n Jesus-boom dra Jesus-vrugte!" vertel Dawie. "Dit is liefde..."

"En blydskap!" dans Siske al om die tafel. "Ek’s so bly, ek’s so bly, want Jesus woon in my!" sy hou skielik op met dans. "Mamma? Wat as iemand nie vir Jesus ken nie?"

Mamma kyk na Pappa, wat dan antwoord: "Dan kan hulle nooit die Gees-vrugte van vreugde dra nie, en al doen hulle baie dinge wat lekker is, ken hulle nie die blydskap in hulle hart wat net Jesus kan gee nie."

 

Koop hierdie boek in Afrikaans OF Engels op ons aanlyn winkel NOU!  >>>Klik Hier!