Description

Sagaria 9:16 Hulle sal… vonkel soos die edelstene in ‘n kroon.

Dis redelik eenvoudig om ‘n Christen te word. Om Christelike beginsels uit te leef is moeiliker. Kinders kan ook skitter as hulle leer om Christelike waardes deel van hulle lewens te maak.

In hierdie boek maak Werner vriende met die eienaar van die nuwe edelsteen winkel in hulle dorp. Soos wat hy by oom Koos van edelstene leer, ontdek jy dat daar nog baie aan sy eie karakter geslyp kan word.